Ons produk bevat:
MINERALE | SPOORELEMENTE | |||
ELEMENT | PERSENTASIE | ELEMENT | ONS PRODUK | FDA-PERKE |
Silikon (SiO2) | 89.00% | Lood (PB) | 10 | 15 |
Aluminium (Al2O3) | 5.95% | Arseen (AS) | 1.8 | 20 |
Yster (Fe2O3) | 0.88% | Fluoor (F) | <1 | 600 |
Kalsium (CaO) | 0.10% |
Diatomiet is 'n sedimentêre gesteente wat bestaan uit fossiele van mikroskopies klein eensellige alge (diatome) met selwande wat uit silika gebou is. Oor die eeue is die diatome saamgepers om neerslae te vorm wat met die blote oog lyk soos kalkneerslae. Onder 'n elektronmikroskoop vertoon diatomiet- strukture kantwerkpatrone van groot verskeidenheid en kompleksiteit, met 'n hoogs poreuse interne struktuur.
| ||
Kalium (K2O) | 0.63% | |||
Magnesium (MgO) | 0.20% | |||
Natrium (Na2O) | 0.32% | |||
Titaan (TiO2) | 0.29% | |||
Water (H2O) | <3% |
Waar kom die chemiese elemente (minerale) vandaan?
Diatome kom voor in water in die see en in varswatermere in die binneland. Die water waarin hulle voorkom, bevat al die elemente wat hulle onttrek om die diatomietskelette van te bou.
Daar bestaan nie iets soos suiwer H2O-water nie. Gesonde water bevat altyd ʼn hoeveelheid chemiese elemente, wat deur die water opgeneem word uit die grond en rotse waaroor die water spoel.
Die kombinasie elemente wat die water so opneem bepaal die smaak van die water. Hierdie chemiese elemente bly agter wanneer die water verdamp en staan bekend as die “droē res” (dry residue) van water. Gesonde drinkwater bevat ʼn gesonde kombinasie elemente en smaak lekker.
Die chemiese elemente uit die water bly as ʼn droē res agter in die diatomietneerslag wat gevorm word, en word in die diatomietpoeier opgeneem deur diere, voēls, mense en plante.
Diatomiet wat uit verskillende gebiede kom, bevat verskillende kombinasies chemiese elemente, en verskil dus tot ʼn klein mate. Diatomiet uit die Noord-Kaap verskil dus in geringe mate van diatomiet uit Mosambiek of diatomiet uit Turkye of Sjina of Swede. Deur hierdie verskille in ag te neem, kan die regte diatomiet vir die regte funksie aangewend word.
![]() | ![]() |
Ons Melosira eetbare diatomiet uit Maniça in Mosambiek is bekend vir sy homogene gehalte oor die hele myn en kan vir die meeste toepassings gebruik word.