DIATOMIET

Hoe het jy ooit daarsonder klaargekom?


 

Diatomiet is ‘n onmisbare element in jou boerdery, laboratorium, praktyk, fabriek, tuin, of huis.

 

ALGEMENE INLIGTING 


WAT IS DIATOME EN WAT IS DIATOMIET?

Baie mense praat van “diatome” wanneer hulle “diatomiet” bedoel. Die diatoom is die piepklein eensellige alg (planktonplantjie) met ʼn deursnit van tussen 5 en 200 mikrometer3 (etlike miljoene van hulle pas in ʼn teelelepel in) wat die diatomiet-skelet vervaardig uit silikon wat hulle onttrek uit die water waarin hulle leef.


Elektronmikroskoopfoto van 'n diatoom: Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Diatom

Mikroskoopfoto van Diatomietstukke. Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Diatomaceous_earth


WAA KOM DIATOMIET VOOR?

Diatomiet ook bekend as, onder andere fossielmeel en Kieselguhr, kom voor in die natuur as ‘n inerte minerale medium as silica-agtige sedimentêre gesteente.. Dit is steriel en vry van siektes en sade Dit word gevorm deur die mikroskopies klein “geraamtetjies” van primitiewe eensellige alg-agtige plantjies wat diatome genoem word. Hierdie plantjies kom sedert die vroegste tye in groot getalle voor in sowel vars- as soutwater. Die plante onttrek silicon uit die water en vorm hulle skulpvormige “geraamtes” daarvan Sodra die plant doodgaan, sak die skulpie in die water af tot op die bodem. Daar vorm dit dik lae wat mettertyd gefossileer raak. Diatomiet word ontgin uit droë rivierlope en panne en droë mere.. Diatomiet herstel ook bv die grond in areas wat met swaar metale en koolwaterstof besoedel is, en verryk uitgeputte, arm grond. Dit bou plante se weerstand op deur die selwande te versterk en ‘n sterker fisiese weerstand te verskaf teen aanvalle deur insekte en alge. Sodoende verbeter die silica daarin die landbouer se oesproduksie en –gehalte.

 

WAARUIT BESTAAN DIT?

 

Diatomiet bestaan hoofsaaklik uit amorfe silikon dioksied (SiO2) asook klein hoeveelhede ander minerale (soos bv aluminium, ysteroksied, kalsium hidroksied, magnesium, en natrium. Die chemiese samestelling van diatomiet wat op verskillende plekke voorkom, of wat uit verskillende geologiese tydperke dateer, sal verskil, wat dit meer geskik maak vir sekere toepassings en minder geskik vir ander.



HOE SUIWER IS DIT? 



Die diatomiet wat ons tans ontgin en verkoop is uniek vanweë sy uiters min chemiese onsuiwerhede, fynheidsgraad (gemiddelde korrelgrootte 12-15μm), diatoomstruktuur, en varswateroorsprong. Die struktuur van die diatomiet vertoon ingewikkelde gaatjiepatrone wat soos naaldwerkkant vertoon, en ‘n hoogsporeuse interne struktuurvorm, soos u kan sien op die foto hieronder, wat met ‘n elektronmikroskoop geneem is:

 

foto

EIENSKAPPE 

 25 miljoen diatome sal met gemak inpas in ‘n teelepel. Elke korreltjie bevat miljoene hol silindriese doppies. wat almal saam ‘n hoogsporieuse superabsorberende materiaal vorm, Dit raak nie glad as dit nat word nie en breek ook nie af soos ander absorberende materiaal nie. Die hoë persentasie wateroplosbare silica wat in ons produk teenwoordig is word geredelik aan plante vrygestel. Silica beheer die groei van wortels en verhoog weerstand teen stres wat die plant ondervind weens abiotiese faktore soos droogtes, uiterste hitte en koue, winde, opname van swaar metale en koolwaterstof, sowel as biotiese faktore soos siektes, insekte, en alge. Diatomiet is nie skadelik vir mens en dier nie, maar dood skadelike insekte weens meganiese, nie-chemiese werking, neem skadelike gifstowwe en gasse en olie gemaklik op, is ‘n isoleermiddel, behou water, bevorder gronddreinering, het ‘n ligte gewig, ens.  

TOEPASSINGS

  

Weens die besondere eienskappe van diatomiet is daar duisende gebruike voor in boerdery, nywerheid, laboratoriums, mediese toepassings, en in die huis en tuin:

· Grondkondisioneerder. Diatomiet kan in grond ingemeng word om swaar, kleigebaseerde grond op te breek of om ligte, sanderige grond meer water te laat hou.

 · Isolerende stene en blokke word van diatomiet vervaardig om geboue en nywerheidstoerusting te isoleer, byvoorbeeld elektrolisebaddens, smeltoonde, pottebakkersoonde, pyplyne, stoomketels, ens Sulke stene is bestand teen brand, en kan temperature van tot 900°C hanteer. Die stene is vuurvas en kan gebruik word vir brandvoorkoming as deel van geboue wat van allerlei ander boustowwe gemaak is, sowel as in allerlei toepassings in die ingenieurswese- en boubedryf. 


· Diatomiet-beton-aggregaat word gebruik as hittebestande, laemassa aggregaat vir die isolering van geboue, oonde, en nywerheidstrukture en -toerusting, Teen temperature van tot 900°C. · Katalisatordraer. Diatomiet word gebruik as katalisatorhouer in skoonmaakmiddels en vloeibare kunsmis, 


· Filtreerder. Diatomiet kan aangewend word in filters vir vloeistowwe van verskillende viskositeit, in bv wynmakery, bierbrouery, suikerraffiniëring, die farmaseutiese bedryf, en ander nywerhede. Dit word ook aangewend in swembadfiters. Wees versigtig: Baie verskaffers van filter-diatomiet verkoop seewater-diatomiet, wat nie geskik is vir huishoudelike, landbou- of tuinboudoeleindes nie, omdat die seesout-inhoud daarvan skadelik is vir plante en metale. Ons produk kom uit ‘n varswater-diatomietbron, en kan vryelik gebruik word vier die meeste toepassings.

· Absorbeerder Diatomiet is ‘n uiters kragtige absorbeerder en onttrek vog uit die lug in die omgewing. Dit word as dessikant gebruik om te verhoed dat vog in die lug skade aanrig aan produkte soos flitsligbatterye, pille en tablette, en selfs oeste in skure, silo’s ander opbergplekke. Dit word ook gebruik op plekke waar motorvoertuie gediens word, om olieplasse te absorbeer. As absorbeermiddel speel diatomiet ook ‘n belangrike rol in plofstowwe soos dinamiet, waar dit die plofstof meer stabiel maak. In die mediese veld kan dit aook aangewend word as bloedstol-hulpmiddel

 ·             Hidroponika Diatomiet word baie suksesvol aangewend in hidroponikastelsels. U kan minder water gee omdat die diatomiet vogdeeltjies behou. Spit die groeimedium om na die groeiseisoen , en voeg net weer diatomiet by. 


MEES POPULÊRE TOEPASSINGS

 

INSEKDODER:


 ·         Droë diatomiet is ‘n natuurlike insekdoder. By kontak met insekte absorbeer dit die epikutiel-waslagie wat insekte soos ‘n vel bedek, en wat uit koolwaterstof en was-esters en ander organiese chemiese samestellings bestaan wat die insek afskei. Aangesien die diatomiet uit mikroskopies klein skerp stukkies bestaan, sny dit ook die epikutiel. Dit veroorsaak uitermatige waterverlies deurdat water deur die kutikel uitstroom, en die insek dehidreer en vrek binne ses tot 72 uur. 


 

· Omdat die diatomiet ‘n fisiese werking het, en nie chemies nie, bou insekte nie ‘n weerstand daarteen op nie.

 

· Diatomiet is omgewingsvriendelik, reukloos, nie giftig nie, en mense en diere kom niks daarvan oor nie.

 · Diatomiet verhoed dat oeste in skure onder insekte deurloop en hou oeste in store droog. 


 · Strooi poeier in stalle, krale, hoenderhokke, hondehuisies, troeteldierhokke, onder stowe, wasbakke, yskaste, of rondom asblikke, diere se beddegoed, boomstamme, rioolpype, venster- en deurrame, en krake en barste. Breek die bokante van miershope oop met ‘n hark of ‘n stok, en gooi handevol diatomiet op die miershoop. Die miere probeer dit wegdra en vrek daarvan. Strooi ook ‘n strook van ongeveer 1,5 m rondom die huis. Wend weer aan nadat dit gereën het. Nat diatomiet is nie so effektief soos droë poeier nie. Strooi ook op plekke waar diere graag rol of stofbaddens neem, of vryf in huisdiere se hare en tussen voëls se vere in. 


 

VEEVOER-BYVOEGSEL: 

 


· Diatomiet wat in die regte hoeveelhede by veevoer gevoeg word bind die gifstowwe in die voer, wat verhoed dat die derms die toksines opneem, en wat veroorsaak dat meer gifstowwe uitgeskei word. Ook geskik vir perde.

 

· Die diatomiet verhoed ook dat voedseldeeltjies aanmekaar vaskoek, Gevolglik word ‘n groter oppervlak blootgestel aan die verteringsprosesse, sodat minder van die voer verlore gaan.

 

· Ekstra vloeistof in herkoude voer word geabsorbeer, waardeur die voedsel gedwing word om stadiger deur die verteringskanaal te beweeg, sodat meer daarvan verteer word.

 

· Soos dit deur die dier beweeg, word interne parasiete (volwassenes sowel as eiers) deur die diatomiet gekontroleer.

 

· Geen diatomiet word deur die dier opgeneem nie. Daar word geen diatomiet deur die verteringstelsel opgeneem nie, dit word nie in die bloedstroom opgeneem nie, en gaan nie in die vleis of melk in nie.

 

· Die Diatomiet in die mis verminder die vlieë en muggies,.en skakel die slegte reuke uit.

  

· Verbeter die algemene kondisie van die diere.

 

· Gebruik dit ook by honde- en katkos.




Ons verskaf eetbare graad varswater-diatomiet in groothandelhoeveelhede, maar kan ook  in 5-liter emmertjies verskaf. Emmertjies se inhoud is ONGEVEER  5 liter, gewig ONGEVEER 2 kg.  Kan effen wissel weens kompaktering en ander faktore.

Laat weet ons hoeveel u nodig het en ons sal ‘n prys kwoteer en ‘n plan maak om dit te lewer, waar u ookal woon.

Kontak ons   Gebruik ons handige kontakvorm op die Kontak Ons bladsy, bel of  whatsapp ons, of stuur e-pos

 

Henry : 083 762 67 08 copywriter@juno.com

 

CHEMIESE ELEMENTE IN ONS DIATOMIET:

 

 Ons produk bevat:

   

MINERALE

SPOORELEMENTE

ELEMENT

PERSENTASIE

ELEMENT

ONS PRODUK

FDA-PERKE

Silikon (SiO2)

89.00%

Lood (PB)

10

15

Aluminium (Al2O3)

5.95%

 Arseen (AS) 

1.8

20

Yster (Fe2O3)

0.88%

Fluoor (F)

<1

600

Kalsium (CaO)

0.10%

 

Diatomiet is 'n sedimentêre gesteente wat bestaan uit fossiele van mikroskopies klein eensellige alge (diatome) met selwande wat uit silika gebou is. Oor die eeue is die diatome saamgepers om neerslae te vorm wat met die blote oog lyk soos kalkneerslae. Onder 'n elektronmikroskoop vertoon diatomiet- strukture kantwerkpatrone van groot verskeidenheid en kompleksiteit, met 'n hoogs poreuse interne struktuur.

 

Kalium (K2O)

0.63%

Magnesium (MgO)

0.20%

Natrium (Na2O)

0.32%

Titaan (TiO2)

0.29%

Water (H2O)

<3%

 



I BUILT MY SITE FOR FREE USING