Waar kom dit vandaan?


Diatomiet kom in die natuur voor as as ‘n silikonbevattende sedimentêre minerale samestelling uit die skeletoorblyfsels van onsigbaar klein alg-agtige plantjies wat diatome genoem word. Dié plantjies is sedert prehistoriese tye al deel van die aarde se ekologie en kom in sowel soutwater as varswater voor.

Verwante prent        Foto: https://en.wikipedia.org/wiki/Diatom

Foto: M.I. WALKER/SCIENCE SOURCE                                                                                                                                         https://www.sciencenews.org/article/ocean-acidification-could-weaken-diatoms-glass-houses


Wateroplosbare silikon word tydens die diatome se leeftyd uit die water onttrek. Die diatome gebruik dan die silikon om skelette te vorm wat soos miniatuur haar-rollertjies of siffies lyk. 

Foto: Diatomites de Mocambique

Wanneer die diatoom sterf, sak die skelet mettertyd af tot op die bodem van die waterpoel waarin die diatoom geleef het. Oor die eeue vorm die groot hoeveelheid mikroskopies klein skelette mettertyd dik lae afsaksels wat later gefossileer raak in droē mere en seebeddings. (Kyk foto hieronder)

Diatomiet bestaan hoofsaaklik uit amorfe silikondioksied (SiO2) plus klein hoeveelhede ander minerale Nie alle diatomiet is egter dieselfde nie en die samestelling verskil. Slegs varswater-diatomiet is eetbaar en kan vir grondverryking, dier- en plantvoedsel en menslike gebruik aangewend word.

Eetbare graad Diatomietpoeier

Ons produk, uit Manhiça in Mosambiek, (omtrent 80 km noord van Maputo) is ‘n top-produk van hoë suiwerheid, met baie fyn diatoomstruktuur (gemiddelde grootte 12-15μm), en van varswateroorsprong.  Dit is gevorm deur diarome van die  Melosira-spesie.


Jy gebruik dit alreeds jare lank

Nog nooit daarvan gehoor nie? Nogtans gebruik jy daagliks produkte wat diatomiet bevat:

  • Diatomiet word by meel en ander kossoorte gevoeg om te voorkom dat insekte dit vreet of daarin uitbroei. 
  • Diatomiet word by seep en waspoeiers bygevoeg as skuurmiddel. 
  • Dit kom in diervoeding voor as 'n detoksmiddel om jou diere vry te hou van interne parasiete. 
  • Dit kom voor in gesigmaskers en modderpakke vir dames.
  • Dit versterk hare, naels en kraakbeen, en bou hoewe en horings, hare en vere in diere en versterk stingelselle in plante
  • Dit word gebruik om Papier wit te maak en as 'n bestanddeel vir verf.
  • Dit word by jou tuin-of landbougrond bygevoeg om die grond te verbeter en die plante te voed.
  • Growwe diatomiet word gebruik as filtermateriaal vir bier, wyn en biodiesel, of vir mak en wilde diere om in te rol,  as katsand,  of as 'n metode om roosbome en grasperke die nodige voedingstowwe te laat kry.
  • Voeg diatomiet by beton om 'n ligte, sterk betonstruktuur te skep.
  • Dit kan gebruik word om waterstof in brandstofselle te stoor om busse, treine, swaar myntoerusting en passasiersvoertuie mee aan te dryf.
  • Dit het 'n duisend en een ander voordelige gebruike.  

Diatomiet het letterlik duisende gebruike. Maar dis nog lank nie al nie. Nuwe gebruike word daagliks ontwikkel.  Dit is onmoontlik om al die gebruike op een webblad uiteen te sit.  Hierdie webblad sal poog om 'n idee te gee van die mees populêre asook interessante en eksotiese gebruike van die produk.


I BUILT MY SITE FOR FREE USING