MENSLIKE GEBRUIK:

Roer 'n half tot 'n opgehoopte teelepelvol in 'n koppie koffie of tee in, of in 'n glas water of vrugtesap of koeldrank.  Die diatomiet vertoon 'n modderbruin kleur in deursigtige vloeistof.  Roer goed.  Die diatomiet los nie in die water op nie maar sak af.  Roer dus van tyd tot tyd en skud die koppie of gas of beker voor die laaste sluk om die laaste diatomiet te kan inneem

'n Mens kan tot driekeer per dag (of meerkeer as jy wil,  onnodig) 'n opgehoopte teelepel vol inneem.^



GEBRUIK IN DIEREVOEDING:  

TOEDIENHOEVEELHEDE EN METODES:

Tipe dierToedienhoeveelheid*
Beeste130g tot 150g in daaglikse droë rantsoen OF 2% per gewig van totale voerinname by beeste wat nie in die veld wei nie. 
Pluimvee2.5% tot 5% per gewig van hulle daaglikse kosrantsoen
Varke2% per gewig van hulle daaglikse kosrantsoen
Perde130g tot 170g in daaglikse voerrantsoen.
Skape1% tot 2% per gewig daagliks in graanvoer
Bokke1% tot 2% per gewig van daaglikse graaninname
Katte1 teelepel in daaglikse rantsoen
Honde2 eetlepels in  in daaglikse rantsoen vir honde wat meer as 45 kg weeg
1 eetlepel in daaglikse rantsoen vir honde wat tussen 25kg and 45kg weeg
2 teelepels  in  in daaglikse rantsoen vir klein tipes honde en babahondjies

* Om te oordoseer is nie skadelik nie, maar sal 'n vermorsing wees. Om te min te gee is oneffektief.

Let wel:

• Die toedienhoeveelhede (130 g tot 150 g) vir volwasse perde en beeste moet eweredig aangepas word vir kalwers en vullens.

• Diatomiet is 'n natuurlike produk en moet derhalwe deurlopend gebruik word. Resultate sal binne 6 tot 12 weke opgemerk word.

• Diatomiet kan ook in lekaanvullings opgeneem word in 'n verhouding van 1 deel diatomiet tot 3 dele sout-minerale mengsel.

• A-graad (baie fyn) eetbare diatomiet kan ook deur mense gebruik word om te detoks en te ontwurm (Ja, mense kry ook wurms). Die water-oplosbare silikon in diatomiet verbeter ook die voorkoms van hare en vel en naels, bou kraakbeen, verminder beenporositeit, ens. Resultate sal binne 6 tot 12 weke opgemerk word. Voeg 'n bietjie A-graad diatomietpeier by u tee, koffie of ander oggenddrankieen bou geleidelik op tot 'n teelepel of meer per koppie/glas. Roer goed. Die diatomiet los nie op in die vloeistof nie maar sak af tot op die bodem van die koppie/glas. Roer dus die laaste bietjie vloeistof sodat u die voordelige diatomiet alles inneem, om die voordele te kan benut.



I BUILT MY SITE FOR FREE USING