Datablad oor Produkveiligheid

(Product Safety Data Sheet)



Produk: Eetbare graad DIATOMIET (DIATOMITE / DIATOMATIOUS EARTH / KIESELGUHR) Word nie geklassifiseer as gevaarlik vir gesondheid nie, behalwe by oormatige inaseming. 


1. IDENTIFIKASIE EN GEBRUIK VAN PRODUK  


Registrasie volgens Wet 36 van 1947: 

Reg. No. V23111


Vorm van Produk: 

Diatomietpoeier


Gebruike: 

Byvoegsel by landbougrond, tuingrond, en potplantgrond, nie-chemiese insekdoder, stuifmiddel vir diere, byvoegsel tot dierevoere, ontwurmingsmiddel, en parasietdoder in diere, detoksifiseerder, dessikant in skure en oesstore, isoleermiddel en dessikant in oonde, absorbeerder vir olie, absorbeerder in katsand, uitwendige bloedstoller, filtreermateriaal vir water, wyn, bier, mampoer, biobrandstof, petrochemiese produkte, gladmaker in verwe, katalisatordraerin chemiese middels, byvoegsel tot sement en beton, noodsaaklike bestanddeel van isolerende stene en aggregate, en bestanddeel van verskeie ingenieursprodukte.

 

Verspreiders:

Pretoria

Henry H. Pinkham

Walterlaan 1217B, Waverley, Pretoria.

083-762-6708 / 071-798-2384


Cullinan

Sofia (Santa) Louwrens

Lauwrusdrift Boerdery, Cullinan

laurusdrift@gmail.com

082-5687-343 / 012-736-0017


Johannesburg

Fred Evans / Rudi Evans

FRM Minerals

Endweg 135,  Walkerville, Meyerton

082 920 3033 / 073 296 8975


Pietersburg

Marie Hibberd

Health Detox, Pietersburg

072 2230387

health.detox@yahoo.co.za

hibberd@worldonline.co.za 



2. SAMESTELLING VAN INLIGTING OOR BESTANDDELE


Samestelling en inligting oor inhoud: Die produk ter sprake is ’n mineraal wat in die natuur voorkom as die reste van varswaterplankton. Die chemiese formule daarvoor is SiO2. Hierdie produk is ’n vaste stof in poeier- of klippievorm, en bevat minder as 1% inasembare kristalsilica. Mineralogie mag wissel. Dit is reukloos en het ’n ligte pienkgrys kleur wat wissel. Die spesifieke gewig is 2,2, die pH is 7 (10% flodder), en die wateroplosbaarheid is <2%.


3. IDENTIFISERING VAN GEVARE 


Word nie as gevaarlik geklassifiseer nie. Oormatige inaseming van stof, of oormatige skuur van die vel met diatomietstof moet vermy word, en beskermende klerasie soos stofmaskers,oogbeskerming, laboratoriunjasse, en handskoene word aanbeveel. Oormatige inname of inaseming kan ongemak in die spysverteringstelsel veroorsaak. Inname van klein hoeveelhede is nie gevaarlik nie.


4. EERSTEHULPMAATREËLS 


Stof in oë: 

Hou ooglid oop. Spoel onder koue lopende watervir minstens 15 minute. As irritasie ontwikkel en aanhou, kry mediese hulp.

Inaseming

Verwyder die oorsaak van inaseming of neem pasiënt na vars lug. Maak seker lugweë is oop. Hou pasiënt warm indien nodig, dien suurstof toe dmv bv ’n suurstofmasker as pasiënt moeilik asemhaal. As pasiënt ophou asemhaal, pas kunsmatige asemhaling toe tot mediese hulp opdaag.

Insluk

Spoel mond met water uit. Indien pasiënt wakker is, laat hy?sy genoeg water drink en induseer braking. MOET MOOIT ’N BEWUSTELOSE PERSOON VLOEISTOWWE INGEE NIE. 

Velirritasie

Spoel die geirriteerde area vir minstens 25 minute af onder koue lopende water. Verwyder klere met irriterende stofdeeltjies op, en gooi dit in die wasgoedmandjie. Indien seerplek ontwikkel, jry mediese hulp.

Advies aan dokter

Behandel simptomaties


5. BRANDBESTRYDINGSMAATREËLS 


Diatomiet is brandbestand, en geen smeltpunt of kookpunt word aangedui nie. Fusie vind eers plaas teen 1 715º C. Gebruik brandblusser wat geskik is vir die onmiddelike omgewing, bv droëpoeier, CO2, of toepaslike skuim.

Brandbestryders behoort asemhaalapparaat te gebruik.


6. MAATREËLS AS PRODUK PER ONGELUK VRYGESTEL/GEMORS/GESTORT WORD  



Moenie stof inasem nie. Ventileer die area as daar stof in die lug hang. Vee of skep of suig die stof op, sonder om nóg meer stof te veroorsaak (en plaas in sakke of houers om weer te berg of te gebruik.


7. OPBERGING EN HANTERING


Opbergtoestande: 

Bêre in ’n droë plek.

Korrosieveroorsaking:

Die produk veroorsaak nie korrosie van aluminium en ander metale nie.


8. GEVOLGE VAN LANGDURIGE OF OORMATIGE BLOOTSTELLING 


Blootstellingsperke:

Langdurige blootstelling aan stof in die lug word geag nadelig vir die mens te raak indien die digtheid die volgende perke oorskry:

Silica, kwarts: 0,2 mg/m3

Ongekalsineerde diatomiet: 10,0 mg/m3

Ongespesifiseerde ander stof: 10,0 mg/m3

Bostaande hoeveelhede is gebaseer opstof in die lug oor ’n agt-uur werkdag vir ’n vyfdag werkweek oor ’n totale werkleeftyd.

Dit is hoeveelhede wat nie die gesondheid of die gemaklikheidsvlak van werkers nadelig behoort te beïnvloed nie. Blootstellingstandaarde behoort egter nie gebruik te word om werkplekke as veilig of onveilig te onderskei nie.

Hoewel gekalsineerde (verfynde/gebrande) diatomiet wel kristalsilica bevat wat silikose, ’n soms fatale longsiekte, kan veroorsaak, soos aangetoon in studies in die VSA deur die International Agency of Research on Cancer (IARC), sodat hulle dit aanvanklik geklassifiseer het as “karsinogenies vir mense,” toon opvolgstudies in 1996 aan die universiteite van Washington en Tulane aan dat syfers vir sterftes aan silikose onder diatomietwerkers grootliks ooreenstem met syfers vir sterftes aan silikose onder nie-lyers, en derhalwe is die klassifikasie onttrek.

Daar is derhalwe geen aanduiding dat blootstelling aan diatomietstof meer nadelig is as blootstelling aan enige ander stof nie. Desnieteenstaande word daar aanbeveel dat oormatige blootstelling en inaseming vermy word.


9. MAATREËLS TER BESKERMING VAN WERKERS 


Stofmaskers (Respirators): 

Stofmaskers, of respirators, soos voorgeskryfin die toepaslike SABS-standaard of die toepaslike standaard in die land waarin u woon, moet verskaf word aan, en gedra word deur werkers wat met onverpakte diatomiet werk, ten einde inaseming van stof in die lug te verhoed.

Toepaslike standaard:

SABS-Standaard VC 8072:2003, Australiese/Nieu Zeelandse Standaard AS/NZS 1715/1716, asook VSA-Standaard vir Filters 42CFR84 (Reeks N95) is van toepassing. In lande waar daar nie sulke standaarde bestaan nie word aanbeveel dat respirators wat aan een van hierdie drie standaarde voldoen, in elk geval gebruik word.

Oogbeskerming: 

Die gebruik van chemiese-tipe veiligheidsbrille word aanbeveel, ten einde te voorkom dat stof in werkers se oë kom. Die presiese tipe oogbeskerming hang egter af van spesifieke omstandighede.

Handbeskerming:

Nie normaalweg nodig nie. Nitrielhandskoene word aanbeveel

Ingenieurskontrole:

Natuurlike ventilasie behoort genoeg te wees, maar in ingeslote ruimtes waarin stof gegenereer word, moet ’n uittrekker-ventilasiestelsel gebruik word.

Biologiese perke:

Geen biologiese perke opgelê nie.


10. FISIESE EN CHEMIESE EIENSKAPPE 


Voorkoms

Pienkgrys klippies en poeier

Smeltpunt

Nie van toepassing nie

Kookpunt

Nie van toepassing nie

Vriespunt

Nie van toepassing nie

Verdampingstempo

Nie van toepassing nie

Wateroplosbaarheid

<2%

Spesifieke gewig

2,2 tot 2,3

Dampdrukking

Nie van toepassing nie

Ontsteek-temperstuur

Nie van toepassing nie

Vlambaarheid

Nie vlambaar nie

Vlambaarheidsperke

Nie vlambaar nie


11. WEGDOENING 


Normale gebruik: 

Varswaterdiatomiet is ’n omgewingsvriendelike stof en kan normaalweg hergebruik word sonder om sy eienskappe in te boet. 

Absorbeerder /Filter:

Waar diatomiet gebruik is as absorbeerder of as filter vir bv besoedelende produkte soos olie of swembadchemikalieë, of kattoiletsand, moet dit nie daarna weer in die grond ingeplaas word nie.

Soutwaterdiatomiet bevat soutvlakke wat nie geskik is vir plantegroei nie. Sulke diatomiet moet weggedoen word op wyses soos deur die wet voorgeskryf.


12. VERVOERINSTRUKSIES


Spesiale maatreëls:

Geen.


13. ANDER INLIGTING 


Skadeloosstelling

Alle inligting word ter goeder trou verskaf, maar sonder om die akkuraatheid daarvan te waarborg, en geen verantwoordelikheid word aanvaar vir foute of weglatings of die gevolge daarvan nie. Diatomiet is NIE ’n wondermiddel nie Die gebruiker is verantwoordelik om die toestande vir veilige gebruik van die produk te bepaal en in plek te stel, en sowel die vevespreiders, sowel as die opsteller van hierdie dokument ontken uitdruklik alle en/of enige waarborge van enige soort of tipe, insluitend waarborge van verkoopbaarheid of geskiktheid vir ’n spesifieke aanwending of geskiktheid van die produk vir ’n spesifieke doel.

Kopiereg©:

Hierdie dokument mag deur enigiemand onveranderd gebruik word en as ’n PDF-Dokument elektronies versend of aangeheg word, mits daar nie aan die vorm of inhoud verander word nie. Die opsteller behou ©kopiereg en ©vertaalreg op die bewoording en inhoud van hierdie dokument, hetsy in Afrikaans of in enige ander taal. Alle ander regte word voorbehou. 

Meer inligting:

Meer inligting oor diatomiet ikan verkry word deur ons te skakel by 083-762-6708.


Einde van datablad






I BUILT MY SITE FOR FREE USING