WAAROM DETOKS?

Want jy kry daagliks gif in. 
Uit onlangse toksikologiestudies en voedseltoetse is dit duidelik dat die kosvoorraad in die winkels honderde giftige middels bevat. Neonicotinoïden is maar een kategorie landbouchemikalieë wat wyd voorkom. Hierdie grootskaalse inname van gifstowwe is genoeg rede om sover moontlik gesertifiseerde organiese kos te koop vir jou gesin en jou diere, en om gereeld te detoksifiseer (ontgiftig). Hierby sluit ons organiese veevoer in, soos organiese gras. Geneties-gemodifiseerde gewasse kan selfs eneties gifstowwe bevat wat insekdodend werk, maar dulke stowwe kamettertyd opbou in die mens of dier wat sulke GM-plante eet.
  • A majority of soybean, corn, canola and sunflower seeds planted in the U.S. are precoated with neonicotinoid insecticides, also known as “neonics.” More than half of garden plants attractive to bees sold at garden centers are also pretreated with these toxic pesticides
  • Neonics have been shown to threaten the entire food chain, having toxic effects not just on pollinators such as bees, but also invertebrates, birds and other wildlife
  • American agricultural land is now 48 times more toxic to insects than it was two decades ago, and between 1992 and 2014, neonicotinoids accounted for 92% of the total acute insecticide toxicity load
  • Neonics affect migration behavior of songbirds by affecting their feeding patterns and fat stores. The chemicals act as a rapid appetite suppressant
  • Research by the EPA in 2014 and 2019 concluded that neonicotinoid-treated seeds provide no significant financial or agricultural benefits for farmers
Since decades’ worth of these toxins also pollute our waterways, including the sources of most if not all human drinking water, I also recommend investing in a good water filtration system for your home to ensure you are drinking the purest water possible.Additional recommendations to limit your exposure to toxic pesticides, herbicides and insecticides include growing your own food — even those with a studio apartment or a dorm room can easily grow sprouts that can serve as a large percentage of the organic vegetables you eat — and detoxifying your lawn and garden.
Dekades lank kom gifstowwe ook al voor in ons drinkwater, en munisipale suiweringsinstallasies en ander suiweringstelsels werk lankal nie meer nie. Daarbenewens bestaan die pypstelsels wat die watertoevoer na ons huise verskaf, uit 'n mengsel van pype wat van verskillende materiale gemaak is, onder andere asbessement, lood, staal, koper, verkillende plastieksoorte, ens. Almal verweer, roes, breek, lek of degenereer, en so kry ons baie swaar metale en ander giftige stowwe in. Wanneer pype breek, moet die water skoongemaak word voor dit geskik is as drink- en waswater, dus word daar chloor en ander (giftige) chemikalieë bygevoeg om die water skoon te laat lyk. Maar die kraanwater is eintlik nie drinkbaar nie, maar GIFTIG!
Lees meer: https://www.freedomofhealth.eu/?p=3694
https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2019/12/10/neonicotinoids-side-effects.aspx?

Detoksifisering (Verwydering van gifstowwe)
Bron: https://diatomaceous.org/


BEESTE

Alternatiewe Ontwurmmiddels vir Melkbeeste in Organiese Boerdery

Finale verslae uit studies gedoen met CUIPM-beurse – 2003-2004

Projekleier: Dr. Jean Bertrand, Professor Dierkunde en Veeartsenykunde, Poole Agricultural Center 117, Clemson University, Clemson SC 20634-0311, VSA.

Probleemstelling

Interne parasiete is ʼn ernstige probleem vir bees- en melkboere, omdat parasietinfestasie melkproduksie laat afneem, verhoed dat diere gewig aansit, en algemene gesondheid laat verswak. Beheer van interne parasiete het ʼn ekonomiese rendement van $25.00 tot $200.00 per kop tot gevolg.
Die lewensiklus van parasiete begin wanneer beeste parasiete opdoen tydens weiding. Die wurms bly agter in die dunderm van die gasheer, Die volwasse parasiete lê groot getalle eiers wat in die mis uitgeskei word, waar die siklus van vooraf begin. Chemiese ontwurmmiddels lei tot verhoogde melkproduksie en ekonomiese voordeel vir boere. Daar het egter ʼn aanvraag ontstaan vir vir nie-chemiese alternatiewe ontwurmmiddels, omdat parasiete algaande ‘’n groter weerstand ontwikkel teen sulke chemiese middels, asook omdat chemiese reste in die diereprodukte agterbly en omdat meer en meer vleis- en melkboere hulle op organiese boerdery toespits. Die doel van hierdie studie eas om gekondenseerde tanniensen ʼn produk wat diatomiet (Kieselguhr) bevat, te evalueer as alternatiewe tot chemiese ontwurmmiddels.
Metodes en Materiaal
27 Jersey, Holstein, en Guernsey melkverse is in hierdie studie gebruik en almal was jonger as 11 maande. Hulle is in drie groepe van nege verse elk ingedeel volgens ouderdom, ras, en ligging van die oorspronklike weikamp, om te verseker dat dié faktore in al die groepe dieselfde sou wees. Behandeling het onderskeidelik behels: (1) beheer (2) diatomiet (Natural Wormer Bolus, The Fortrell Company, Bainbridge, PA) en (3) Quebracho gekonsentreerde tannienekstrak (KT) Tannin Corporation, Peabody, MA.) Verse kon na willekeur water drink en op die Bermudagras wei.
Behandeling het begin in die week van 21 Junie 2004 en het aangehou vir ses weke. Die verse is elke dag om 08:00 gevoer, Die voer is in trôe versprei en die verse kon vreet tot al die voer op was. Alle verse het ongeveer 3,18 kg van dieselfde basisdiëet ontvang. Verse in die kontrolegroep het nie ontwurmmiddel gekry nieVerse op Diatomiet het twee bolusse weekliks ontvang vir drie weke, soos voorgeskryf deur die leweransier. Hierdie produk het ook knoffel en Cayennepeper bevat. Verse op tannienekstrak (KT) is daagliks gevoer met ʼn bykomende 0,71 kg Quebraco KT.-ekstrak per kop.
Liggaamsgewig is genoteer. Blinde monsters van die mis is geneem en miseiertellings (MET) is op die dag van monsterneming bepaal met behulp van die Wisconsin Suikerflotasie-metode. Elke skyfie is bestudeer onder ʼn ligmikroskoop (American Optical, Buffalo, NY) teen 10x en die miseiertellings is genoteer. Die drie groepe eiers wat getel is was Nematodirus, Strongyloides, en Triguris.
Resultate
Verse in die kontreolegroep en op diatomietbehandeling het hulle voer opgevreet in ongeveer 45 minute. Verse op KT het egter drie uur geneem/uur gekos om hulle voer opte vreet, waarskynlik weens die astringende[1] smaak van die KT. Daar was geen beduidende verskille in liggaamsmassa of vermeerdering van liggaamsmassa tussen die twee behandelings nie (Tabel 1) Omdat daar egter wel verskille in weeklikse liggaamsmassa voorgekom het, was daar wel ʼn beduidende weeklikse effek, maar daar was nie ʼn beduidende verskil per week tussen die behandelings nie. Verse het ‘n gemiddeld van 20,2, 16,4 en 20,4 opgetel by kontrole-, diatomiet-, en KT behandelde groepe onderskeidelik, tydens die sesweek–studie. Daar was nie ʼn beduidende behandelingseffek vir miseiertellings of vir individuele eiertipes nie. Soos fig 1 illustreer , was daar egter ʼn beduidende behandelingseffek in week ses. Miseiertellings was beduidend laer vir verse op KT en diatomiet as vir verse in die kontrolegroep.
[1] Astringente of stelpmiddels in die KT is stowwe wat die weefsels saamtrek en die afskeiding verminder en die bloedvate vernou, sodat die weefseloppervlak verdor.




Diatomiet in Dierevoer

Die presiese meganisme wat die voordelige effekte van diatomiet in veevoer meebring is nog nie behoorlik vasgestel nie. Verskeie teorieë word aangebied om hierdie effekte te verklaar in terme van die fisio-chemiese eienskappe van die diatomiet.

Die volgende meganismes kan van toepassing wees:
• Gifstowwe word deur diatomiet gebind, wat die absorpsie van die derm verminder en die uitskeiding van gifstowwe verhoog.
• Diatomiet verhoed 'klontvorming' deur voedingsdeeltjies. As gevolg hiervan word die oppervlakte van die voer wat aan spysverteringsprosesse blootgestel word vergroot, waardeur meer voer verteer en benut word.
• Oormatige water van voedsel wat ingeneem word, word geabsorbeer, wat die voergang vertraag, wat die spysvertering verhoog en maksimum voedings- en noodsaaklike minerale-opname vir liggaamsontwikkeling moontlik maak.
• Parasiete (volwassenes of eiers) word deur diatomiet beheer, hetsy op meganiese wyse of deur die diere se verdedigingstelsel teen parasiete te verbeter.
Aangesien diatomiet inert deur die spysverteringskanaal van die dier beweeg en nie in die bloedstroom opgeneem word nie, kom geen diatomiet in die vleis of melk nie. Boonop is dit heeltemal veilig en nie giftig nie.

Gerapporteerde voordele sluit in:
• Natuurlike beheer van inwendige parasiete en wurms
• Verminderde vlieë (vlieglarwe word doodgemaak deur diatomiet wat in mis agterbly)
• Verminderde misreuk
• Gesonder voorkoms
• Beter voeromsetting
• Diere hou op grond vreet en aan omheinings knaag.
• Verminderslegtereuk en vog in skure en stalletjies
• Dit lei tot 'n beter kondisie van die pelse en hoewe
• Opmerklike vermindering van veeartsrekeninge en afsterwes.

TOEDIENHOEVEELHEDE EN METODES:
Tipe dierToedienhoeveelheid*
Beeste130g tot 150g in daaglikse droë rantsoen OF 2% per gewig van totale voerinname by beeste wat nie in die veld wei nie. 
Pluimvee2.5% tot 5% per gewig van hulle daaglikse kosrantsoen
Varke2% per gewig van hulle daaglikse kosrantsoen
Perde130g tot 170g in daaglikse voerrantsoen.
Skape1% tot 2% per gewig daagliks in graanvoer
Bokke1% tot 2% per gewig van daaglikse graaninname
Katte1 teelepel in daaglikse rantsoen
Honde2 eetlepels in  in daaglikse rantsoen vir honde wat meer as 45 kg weeg
1 eetlepel in daaglikse rantsoen vir honde wat tussen 25kg and 45kg weeg
2 teelepels  in  in daaglikse rantsoen vir klein tipes honde en babahondjies
* Om te oordoseer is nie skadelik nie, maar sal 'n vermorsing wees. Om te min te gee is oneffektief.

Let wel:
• Die toedienhoeveelhede (130 g tot 150 g) vir volwasse perde en beeste moet eweredig aangepas word vir kalwers en vullens.
• Diatomiet is 'n natuurlike produk en moet derhalwe deurlopend gebruik word. Resultate sal binne 6 tot 12 weke opgemerk word.
• Diatomiet kan ook in lekaanvullings opgeneem word in 'n verhouding van 1 deel diatomiet tot 3 dele sout-minerale mengsel.
• A-graad (baie fyn) eetbare diatomiet kan ook deur mense gebruik word om te detoks en te ontwurm (Ja, mense kry ook wurms). Die water-oplosbare silikon in diatomiet verbeter ook die voorkoms van hare en vel en naels, bou kraakbeen, verminder beenporositeit, ens. Resultate sal binne 6 tot 12 weke opgemerk word. Voeg 'n bietjie A-graad diatomietpeier by u tee, koffie of ander oggenddrankieen bou geleidelik op tot 'n teelepel of meer per koppie/glas. Roer goed. Die diatomiet los nie op in die vloeistof nie maar sak af tot op die bodem van die koppie/glas. Roer dus die laaste bietjie vloeistof sodat u die voordelige diatomiet alles inneem, om die voordele te kan benut.



DIATOMIET VIR JOU HOND

Diatomiet is 'n sedimentêre gesteente wat bestaan uit fossiele van mikroskopies klein eensellige alge (diatome) met selwande wat met uit wateroplosbare silika gebou is. Oor die eeue is die diatome saamgepers om neerslae te vorm wat met die blote oog lyk soos kalkneerslae. Diatomiet word gemaal en word in poeiervorm verkoop. Dit hou verskeie voordele in vir mens, dier en plant. Jou hond en jou ander troeteldiere behoort nie daarsonder deur die lewe te gaan nie.

MAAK SEKER DIS EETBARE DIATOMIET
Dit is noodsaaklik dat jy VOEDSELGRAAD (Eetbare graad) diatomiet (varswaterdiatomiet) vir jou diere en in jou tuin gebruik. Swembadfilter en visdamfiltergraad diatomiet is giftig en uiters gevaarlik vir plant en dier. Maak dus seker dat daar EETBARE GRAAD op die verpakking staan.

Newe-effekte van eetbare graad diatomiet
Geen newe-effekte weens inname van eetbare diatomiet is bekend nie. Maak egter seker jy koop en gebruik EETBARE DIATOMIET.

Detoks met diatomiet
Eetbare graad diatomiet absorbeer verskeie stowwe, soos bv. metiel-kwiksilwer, e-coli, endotosiene, virusse, fosfaat, insek- en plantdoderreste, medikasiereste, en die bakteria wat deur derminfeksies en maagswere veroorsaak is. Diatomiet vorm dus ʼn doeltreffende ontgiftiger en dermskoonmaker vir jou troeteldier of selfs vir jouself.
Roer diatomietpoeier in jou troeteldier se kos in, of strooi dit bo-oor. Baie troeteldiere raak agterdogtig as dit bo-oor gestrooi word en wil dan aanvanklik nie eet nie. In sulke gevalle kan die diatomiet in sous of pap ingemeng word of benat word. Diatomiet het geen smaak nie maar kan wel geure opneem.
Kan babahondjies diatomiet inkry saam met die ma se melk? Nee. Diatomiet beweeg inert deur die dier se verteringstelsel en word nie in die bloedstroom opgeneem nie. Geen diatomiet gaan in die spiere of die melk in nie. Dit is dus heeltemal veilig vir gebruik
Babahondjies kan diatomiet begin gebruik sodra hulle begin eet, Hoewel diatomiet ʼn ontwurmmiddel is, is dit nogtans raadsaam dat babahondjies die voorgeskrewe ontwurmingsinspuitings en opvolginspuitings ontvang. Diatomiet sal dan die werking van die ontwurmmiddel ondersteun. (Kontak jou plaaslike veearts of DBV of Onderstepoort vir meer besonderhede oor inspuitings.)
Dit mag soms ʼn maand of langer neem om alle uitbroeiende wurmeiers en wurmpies dood te kry, dus is dit wenslik om diatomiet deurlopend vir jou troeteldier te voer.

Diatomiet vir Vlooi- , bosluis-, luis-, en mytbeheer

Eetbare diatomiet is ʼn nie-giftige poeier wat bestaan uit die fyngemaalde fossiele van varswaterorganismes. Onder ʼn mikroskoop lyk diatomietpoeier soos klein stukkies gebreekte glas. Hoewel voedselgraad diatomiet se fyn stukkies nie skadelik is vir mense en diere nie, sny dit insekte soos vlooie, luise, bosluise, myte, en ander goggas en hulle larwes se ledemate en doppe stukkend en absorbeer die vetlaag op hulle liggaamsbedekking, sodat hulle uitdroog en doodgaan.
Diatomiet maak dus die insekte en parasiete meganies dood en nie met gifstowwe nie. Dit beteken dat jou dier beskerm word teen insekte maar nie in die proses gif inkry nie.
Vryf die diatomiet liggies in die dier se pels in, en bestuif sy beddegoed en die matte. Dit mag tot drie dae neem vir die insekte om te vrek. Wag dus ‘’n paar dae voordat jy dit stofsuig.
Let wel: Diatomiet kan moontlik jou dier se vel uitdroog. As dit gebeur, bad hom met ʼn velbevogtiger vir troeteldiere.
Lees meer: https://www.dogsnaturallymagazine.com/5-easy-uses-of-diatomaceous-earth-for-your-dog/eatlocalgrown.com
Ander natuurlike metodes om bosluise en vlooie te beveg (in kombinasie met diatomiet) (Inligting in Engels): https://www.dogsnaturallymagazine.com/natural-solutions-tick-season/

Gesondheidsaanvulling
Ons diatomiet bevat ʼn minimum spoorelemente (baie laer as die aanbevole FDA-waardes)wat dit veilig maak vir gebruik deur mense, diere en plante.
Die samestelling van ons produk is betroubaar konstant regoor die gebied wat ons ontgin
SPOORELEMENTE/ SWAAR METALE (ppm)

Ons produkFDA-perke
Pb1015
As1.820
F<1600
Ons produk bevat verrskeie minerale elemente (magnesium, water-oplosbare silikon, kalsium, kalium, yster en ander spoorminerale), en hou derhalwe troeteldiere – asook mense – gesond wanneer hulle dit eet. Dit bou dan ook gesonde vel, gesonde naels en hare en kraakbeen, en sorg vir lae bloedcholestrol. Gereelde gebruik van diatomiet bring dan ook geringer kanse vir heupdisplasia en gewrigslyting mee in honderasse wat daartoe geneig isCHEMIESE ELEMENTE IN ONS PRODUK
SiO289.00%
Al2O35.95%
Fe2O30.88%
CaO0.10%
K2O0.63%
MgO0.20%
Na2O0.32%
TiO20.29%








Lintwurminfeksie in honde
Dipylidium Caninum is die mees algemene lintwurm by honde en kom in die dunderm voor. Dit het ʼn plat liggaam, ‘’n haakagtige bek, en word tot 20cm lank. Lintwurminfeksie in diere ontaan as gevlog van vlooie wat dieremis vreet waarin lintwurmeiers voorkom. Die eiers broei in die vlooi uit en vorm larwes (sisterkusse).
As die hond die vlooie met die lintwurmlarwes inkry, ontwikkel die larwes in volwasse lintwurms, wat dan aan die hond se derms vasheg en die maag se voedingstowwe vreet. Die lintwurm se stert val af en kom in die hondemis te lande, waar dit weer met vlooie in aanraking kom, en die siklus gaan voort.Lintwurms veroorsaak nie ernstige siektes in honde nie maar die dier se algemene gesondheid ly daaronder. Lintwurmlarwes in die spiere is pynlik en veroorsaak tamheid, swak eetlus, diarree, naarheid en energieverlies. Simptome is droȅ stukke wurms om die anus, lewendige wurms in die stoelgang, of dat die hond sy anus op die gras sleep deur in ʼn sittende posisie met sy voorpote vorentoe te beweeg. Lintwurmeiers kom ook voor op matte en in diere se beddegoed. https://simplewag.com/diatomaceous-earth-for-dogs/
Lintwurmbesmetting is aansteeklik vir mense
By mense kan besmetting met spesifieke lintwurmlarwes lei tot sisterkose. (Martin, E.A. (red). 1993. Mediese Woordeboek. Kaapstad. Oxford University Press) Mense word egter nie baiekeer deur honde aangesteek nie. Nogtans is dit moontlik, veral met kinders.
Dit is belangrik om hande te was nadat daar met diere gespeel/ gewerk is. Kinders moet hierop attent gemaak word.
https://simplewag.com/diatomaceous-earth-for-dogs/
Diatomiet bestry lintwurms in honde:  https://dogappy.com/diatomaceous-earth-for-tapeworms-in-dogs.

Hoe dit werk:
Diatomiet is uiters absorberend. Dit bevat ook mikroskopies klein uiters skerp deeltjies. (die skerp oppervlakke is te klein om ʼn mens of dier te sny, maar is dodelik vir lintwurms en ander inwendige parasiete). Sodra die daitomiet in kontak kom met die parasiet, droog dit die parasiet uit en sny hom stukkend. Die lintwurm of ander parasiet vrek dan weens uitdroging. Die dele word dan saam met die diatomiet verder deur die dermkanaal vervoer en word deur die dier uitgeskei.
Lintwurms word deur vlooie versprei. Die hond lek dooie en/of lewendige vlooie op en kry sodoende lintwurms in. Daarom moet honde se pelse ook gereeld met diatomiet ingevryf word (en op sy beddegoed geplaas word) om die vlooie (en bosluise) op die diere dood te maak. (Hulle vrek dan ook weens uitdroging) As die dier homself dan lek, kry hy ook diatomiet in, wat dan weer interne parasiete bestry.
https://dogappy.com/diatomaceous-earth-for-tapeworms-in-dogs

Bykomende voordele van diatomiet
Die mees algemene gebruik van diatomiet is die behandeling teen vlooie, bosluise, en ander goggas. Daar is egter meer voordele in die gebruik daarvan:
  • Mooier pels
  • Goeie eetlus
  • Beter metabolisme
  • Beter kosvertering, verhoogte voedingswaarde.
  • Gesonde vel/ verbetering van enige vorige veltoestand
  • Laer bloedcholestrol https://simplewag.com/diatomaceous-earth-for-dogs/  
  • Bou kraakbeen asook sterk naels. 
  •  Kan help om heupdisplasie te voorkom mits die hond van kleins af gereeld diatomiet inkry.
.
“Landmyne” en “sponsdorings”
Onopgetelde hondemis op grasperke kam uiters onaangenaam wees en vlieȅ lok, veral in die geval van baie slap stoelgang wat moeilik is om op te tel, selfs met ʼn graaf. Strooi ʼn bietjie diatomiet bo-oor om die natigheid te absorbeer nè die vlieȅ te verminder. Na ongeveer 15 minute is die “landmyn” minder slap en kan dit makliker opgeskep word. Die diatomiet verwyder ook die reuk en die vlieȅ.
Enige bewegende “ryskorrels”of wurmpies in die hondemis dui op wurms in die stoelgang en dui aan dat die diatomiet in die hond se kos vermeerder moet word. Gooi diatomiet op die mis om die wurms te laat vrek en te verhoed dat vliegmaaiers uitbroei.

Stink honde
As jou hond stink, kan daar verskillende oorsake wees, bv. ekseem of oop geïnfekteerde wonde. ens. Daar mag self vliegmaaiers in so ʼn wond voorkom. Ondersoek jou hond om uit te vind wat die oorsaak van die reuk is. Wend diatomiet mildelik aan op die wond of stinkplek. Dit behoort die stank asook enige , bloeding of sug te stop, vliegmaaiers en ander parasiete dood te maak en die wond of ekseem skoon te maak of te “steriliseer” en die onhigiȅniese toestand te verbeter totdat jy met die hond by ʼn veearts kan uitkom.
https://simplewag.com/diatomaceous-earth-for-dogs/

Kopiereg op Snoopy-prentjies  behoort aan DHX Media ,41%, Sony Music Entertainment, 39%, en die Schulz gesin.



Honde se beddegoed
Strooi gereeld ʼn bietjie eetbare diatomiet op jou hond se beddegoed en die matte waar hy graag lê. Dit sal die vlooie en hulle eiers verminder. Minder vlooie beteken minder lintwurms in jou hond. Wag ʼn paar dae en stofsuig dan die diatomiet en dooie vlooie/vlooieiers op. Herhaal die proses gereeld. Om verdere vlooie/vlooieiers op beddegoed te voorkom, poeier jou hond gereeld met diatomiet en vryf dit in sy hare in en laat die hond toe om sy lyf te skud (en ‘n wit stofwolk in jou tuin te veroorsaak). Kam die hare ʼn ruk daarna met ʼn fynkam om nog lewendige of dooie vlooie uit te kam.
https://simplewag.com/diatomaceous-earth-for-dogs/
https://diatomaceous.org/diatomaceous-earth-for-pets-and-animals/




Ontwurm jou papegaaie, kokatiele, budgies, duiwe, hoenders en ander voëls

Soos by alle diersoorte kom interne en eksterne parasiete ook voor by voëls.  As eienaar het jy ʼn verpligting om vir jou troeteldier die beste moontlike gesondheid te verseker.  Dis nie nodig om jou troeteldier deur parasiete te laat opvreet nie.
  • Indien ʼn voël onnatuurlik baie slaap maar nogtans eet as kos aangebied word, mag dit aandui dat daar ‘’n wurmbesmetting is. As die voël baie opbring moet kropwurm of haarwurm vermoed word.
  • Daar word aanbeveel dat jy jou veearts raadpleeg vir die eerste chemiese ontwurming. Daarna kan eetbare diatomiet daagliks met elke ete gegee word deur die poeier oor die voël se kos te strooi.  Eetbare diatomiet is ʼn onskadelike natuurlike stof en kan geen skade aanrig nie, behalwe as daar te veel ingeasem word, maar so ʼn moontlikheid is bitter klein.
  • Dis noodsaaklik dat ontwurming geskied voor broeityd. Diatomiet sal ook help met die ontwikkeling van gesonde vel en vere by kuikens.
MAAK SEKER DAT DIE VERPAKKING AANDUI DAT DIT EETBARE DIATOMIET IS, en nie filtergraad-diatomiet nie.


Interne parasiete
Alle voëls kry wurms in, self al woon hulle permanent in ʼn hok. Kuikens kry makliker wurms as ouer voëls. Voëls wat in hokke woon met grondvloere kry makliker wurms as in hokke met betonvloere wat maklik skoongespuit kan word. By hokke met grondvloere moet die grond- of sandlaag gereeld vervang word, en met diatomiet bedek word, of daar moet ʼn sifdraadvloer in die hok wees, ʼn entjie bokant die grondvloer, sodat die voëls nie in komtak kom met hulle eie mis nie. By budgiehokke met semels of saagsels op die vloer, moet die saagsels/semels weekliks vervang word om kontaminasie met parasitiese wurms te voorkom. Dis noodsaaklik dat insekte en wurms van buite af nie in jou voëlhokke inkom nie, en dat dié wat moontlik kan inkom, dood te maak met ʼn meganiese insekdoder soos eetbare diatomiet. CHEMIESE INSEKDODERS IS GIFTIG EN MOENIE GEBRUIK WORD NIE  Die strooi van diatomiet op die vloer van die hok kan moontlik effektief wees hierin.
MAAK SEKER DAT DIE VERPAKKING AANDUI DAT DIT EETBARE DIATOMIET IS, en nie filtergraad-diatomiet nie.

Wurms wat die meeste voorkom is haarwurm, kropwurm, lintwurm, en rondewurm.

Haarwurm (Capillaria)
Kom baie voor in budgies, parakiete, kanaries en hoenders.
Aanduidings:
• Diarreë
• Voël eet nie
• Anemie
• Gewigsverlies
Die wurms kom voor in die krop en die slukderm en in die voering van die dermkanaal. Voëls kry die wurms in deur die mis van ʼn geïnfekteerde voël te vreet. Daar word aanbeveel dat die voël behandel word met ʼn ontwurmmiddel soos deur u veearts voorgeskryf, en daarna daagliks diatomietpoeier oor sy kos gestrooi kry. Die diatomiet bevat mikroskopiese skerp stukkies wat die wurm stukkend sny en droog die wurm en die eiers uit en help om dit deur die dermkanaal af te voer. Die eiers kan maande lank in die grond leef. Daarom moet die grond onderin die hok ook met ʼn laag diatomiet bedek word sodat die wurmeiers daarin skadeloos gestel word.


Kropwurm (Acuaria) 

Kom meestal voor by vinke en ander insekvreters. Aanduidings:
• Mis bevat slym
• Voël verloor gewig
• Voël vrek skielik
Die volwasse wurm lȇ eiers wat in die mis van die geïnfekteerde voël uitgeskei word. Verskeie soorte insekte vreet die wurmeiers, en die wurmlarwe begin in die insek ontwikkel. Sodra ʼn voël die insek eet, beweeg die onvolwasse wurm na die krop van die voël, waar dit in die wand van die kropvoering ingrawe waar dit in ʼn volwasse wurm ontwikkel. Die beskadiging van die kropvoering lei tot bakterie-infeksie, wat die voël laat vrek. Daar word aanbeveel dat die voël behandel word met ʼn ontwurmmiddel soos deur jou veearts voorgeskryf, en daarna daagliks diatomietpoeier oor sy kos gestrooi kry. Die diatomiet bevat mikroskopiese skerp stukkies wat die wurm stukkend sny en droog die wurm en die eiers uit en help om dit deur die dermkanaal af te voer, Die diatomiet mag moontlik ook infeksie beperk.
Lintwurm:                                                                                    Verskeie spesies kom voor by verskillende voȅl spesies.  Kom hoofsaaklik voor in voȅls se dermkanaal, maar mag ook elders voorkom.                      Aanduidings:
• Mis bevat slym
• Voël verloor gewig
• Voël vrek skielik
Beskadiging van die dermwand veroorsaak infeksie waaraan die voël kan vrek.    Baie verskillende spesies lintwurm kom voor. Verskillende tipes lintwurm infekteer verskillende tipes voëls.    Daar word aanbeveel dat die voël behandel word met ʼn ontwurmmiddel soos deur u veearts voorgeskryf, en daarna daagliks diatomietpoeier oor sy kos gestrooi kry. Die diatomiet bevat mikroskopiese skerp stukkies wat die wurm stukkend sny en droog die wurm en die eiers uit en help om dit deur die dermkanaal af te voer, Die diatomiet mag moontlik ook infeksie beperk.



Rondewurm (Ascaridia)
Rondewurms word merendeels aangetref by:
Jong voëls, voëls onder spanning, voëls wat baie tyd op die grond deurbring, wilde voëls wat in hokke beland, voëlhokke met grondvloere 
Aanduidings:
Swakheid
• Voël verloor gewig
• Diarreë • Voëls hou op broei en kom lusteloos voor. Rondewurms word nie gewoonlik in voëlmis opgemerk nie. Dit is baiekeer moeilik om agter te kom dat daar rondewurms teenwoordig is. Daarom is dit noodsaaklik om voëls so gou moontlik diatomiet te laat inkry, en dan daagliks voort te gaan om die poeier oor voëls se kos te strooi. Infeksie begin wanneer ʼn voël ʼn rondewurmeier vreet wat in ʼn ander voël se mis voorkom. Die larwe grawe in die voël se derms in en dring dan in die spierweefsel in om na ongeveer ses weke in ʼn volwasse wurm te ontwikkel. Rondewurms kan lank oorleef in die omgewing. Die vloere van hokke moet derhalwe met diatomiet bestrooi word om die eiers asook enianies dood te maak.ge larwes of volwasse wurms uit te droog en meganies dood te maak.


Aspergillus-fungus (veroorsaak Aspergillose)

Die parasitiese fungus, Aspergillus, word aangetref op verrottende materiaal soos vullis, of op ʼn komposhoop of in ʼn vuil hok, en val voȅls se asemhalingstelsels aan en veroorsaak aansteeklike aspergillose. Kom veral voor by papegaaie, wilde-eende en ganse, asook hy makgemaakte arende en valke, veral as hulle aangehou word in nie-sanitêre toestande.
Aanduidings:
  • Lyk baie soos  mensgriep:                                              • Moeilike asemhaling                                                      • Neusafskeiding 
  •  Korse om die oȅ 
  •  Abnormale of ongewone mis 
  •  Gewigsverlies                     
Aspergilose  kan suksesvol behandel word met antibiotika mits dit vroeg genoeg ontdek word. Prognoses vir voêls met chroniese aspergillose is nie goed nie. Mense kan die siekte aansteek. Om aspergillose te voorkom, hou voȅls se hokke skoon, was alle vrugte en groentes voor dit aan voȅls gegee word, en was jou hande voor en nadat jy daarmee gewerk het. Strooi ʼn dun lagie diatomiet oor alle kos wat aan die voȅl gegee word asook op die vloer van die hok. Vervang ou kos gereeld.
Giardia (ʼn protozoa-genus met flagella)
Hierdie parasiet word, netsoos Aspergillus, opgedoen wanneer die voël besmette kos vreet. Die protozoa val dan die verteringstelsel van die voël aan. Die siekte kan deur die mens aangesteek word. Giardia kom meestal voor in voëls van die papegaaifamilie, wat budgies, kokatoes, kokatiele en papegaaie insluit.
Aanduidings:
• Erge diarreë by sowel voëls as mense
• dehidrasie by sowel voëls as mense
• Gewigsverlies by sowel voëls as mense • Erge gejeuk by sowel voëls as mense • Voëls pluk hulle vere uit • Voëls raak raserig • Mis van voëls lyk soos springmielies Wees uiters versigtig wanner die voël hanteer word, weens die aansteeklikheid van die siekte. Was gereeld hande. Strooi ʼn dun lagie diatomiet oor alle kos wat aan die voȅl gegee word asook op die vloer van die hok. Vervang ou kos gereeld.


Sarkosistis (ʼn sporosoa-genus wat aangetref word in die spierweefsel van reptiele voëls en soogdiere.)

Hoewel dit minder algemeen voorkomas ander parasiete, is Sarkosistis ʼn baie erge en aansteeklike infeksie. Aanduidings: • Slaperigheid • Kortasemheid • Geel mis • Oormatige stertbeweging • In uiterste gevalle kan ʼn voël sommer skielik vrek. Hierdie parasiete veroorsaak verskillende infeksies, onder andere van die senuweestelsel, die longe en lugweë, en die spierstel. Wees ook bedag daarop dat die siekte van voël na mens aangesteek kan word. Tref voorsorgmaatreëlsvir veilgheid. Was jou hande gereeld.In hierdie geval sal die aanwending van diatomiet waarskynlik nie doeltreffend wees nie. Raadpleeg jou veearts.


Eksterne parasiete
Alle voëls kry eksterne parasiete soos myte, luise, vlooie en bosluise. Hierdie parasiete kan voorkom op die vel of op die vere. Soms kan mens die parasiete met die blote oog op die voȅl sien. Aanduidings van eksterne parasietinfeksie sluit in: vere wat uitval, vere van swak kwaliteit, vere wat gekou word, en inflammasie op die vel.

Skubberige gesigmyte  (Knemidokoptes)
 
Skubberige gesigmyte (Knemidokoptes) is agtpotige,
mikroskopies klein myte, verwant aan spinnekoppe, bosluise en skerpioene, maar BAIE kleiner.
Hulle het ʼn verwoestende effek op ʼn voël se vel en vere.
Kom veral voor by budgies, maar word ook minder gereeld aangetref in kanaries en vinke.
Aanduidings:
  • Die infeksie vertoon as wit, skubagtige groeisels aan die snawel, bek, neusgate, en oë, soms ook aan die vlerkpunte, pote en anus        
  • Voël verloor vere, 
  • Snawel en pote kom misvorm voor.
Daar word aanbeveel dat alle voëls so gou moontlik deur jou veearts met anti-parasietmiddels ingespuit word, en daarna daagliks diatomietpoeier oor sy kos gestrooi kry. Maak ook ʼn diatomiet-stofbad soos hieroder beskryf. Die diatomiet bevat mikroskopiese skerp stukkies wat die myt stukkend sny en uitdroog. Indien die voëls so vroeg moontlik diatomietpoeier oor hulle kos kry en in staat is om gereelde stofbaddens te neem, word die risiko minder dat die myte opgedoen kan word of kan oorleef.
Skurwebeenmyte (Boetsonmyte)
Skurwebeenmyte  is soortgelyk aan  skubberige gesigmyte .                                                                  Aanduidings:  Aanpaksels kom veral voor aan die pote en bene van voëls, sodat dit lyk asof die voël stewels aanhet (“it has boots on” - "hy het boetson").      Behandel die pote met ou motorolie  (motorolie wat afgetap is toe u motor gediens is).  U kan ook eetbare diatomietpoeier net so droog of as ‘’n modderpap aanwend inplaas van ou motorolie.  Dit maak die myte dood en laat hulle afval.  Nadat die “stewels” afgeval het, kan u ʼn laag  diatomiet op die vloer van die hok strooi om te verhoed dat die myte weer uitbroei en en die voëls weer besmet.
Daar word aanbeveel dat alle voëls so gou moontlik deur jou veearts met anti-parasietmiddels ingespuit word, en daarna daagliks diatomietpoeier oor sy kos gestrooi kry. Maak ook ʼn diatomiet-stofbad soos hieroder beskryf. Die diatomiet bevat mikroskopiese skerp stukkies wat die myt stukkend sny en uitdroog.

Behandeling vir eksterne parasiete bestaan uit ʼn bak op die vloer van die voëlhok, verkieslik ingesink in die vloer sodat dit nie kan omval nie, wat groot en diep genoeg is sodat die voël gemaklik daarin sal pas.  So ‘’n bak word dan vol (eetbare) diatomietpoeier gemaak, sodat die voël ʼn stofbad daarin kan neem.  Die voël sal gou die poeier agterkom en die diatomietstof met sy vlerke en lyfbewegings tussen sy vere inwerk. Groot voȅls soos hoenders en groot papegaaie kan redelik baie stof opskop. Wees voorbereid daarvoor.  Hierdie stof mag jou erf tydelik onnet laat voorkom maar is voordelig vir tuinplante.
Die diatomiet op die voël se vel bevat mikroskopiese skerp deeltjies wat die eksterne parasiet se dop of ”vel” beskadig en die waslaag op die parasiet absorbeer en die vog wat uitloop opneem. Die dubbele aksie veroorsaak dat die parasiet vog verloor en uitdroog en doodgaan van die uitdroging. Gereelde stofbad deur die voȅl behoort hom vry van eksterne parasiete te hou. Vervang diatomiet as dit nat geword het.
Maak ook seker dat voëls se dieet voedsaam is, sodat hulle immuunstelsels enige infeksie kan beveg. Hou hokke skoon en vry van muf. fungusse en ander groeisels. Die belangriste reël is egter “was jou hande gereeld”.
Bronne: https://www.pethealthcare.co.za/PetFriendly/Articles/deworming-your-pet-parrot
               https://www.thesprucepets.com/common-parasites-in-birds-390398                                                                            https://www.beautyofbirds.com/scalyfacemites.html
               https://thefrugalchicken.com/diatomaceous-earth-chickens


Diatomiet hou bosluise, vlooie en ander goggas uit jou tuin uit
Diatomiet is ʼn effektiewe nie-giftige teenmiddel teen miere, ruspes, kommandowurms, slakke, spinnekoppe, rusmiere (termiete), vismotte, oorkruipers, vrugtevlieë, torre en kewers, asook bosluise en vlooie. Veral as jou troeteldiere en kinders in die tuin rondloop is dit ongewens om chemikalië en gifstowwe in jou tuin te gebruik. Strooi liewers diatomietpoeier in die area of meng 1 koppie vol fyn (a-graad) diatomiet met 1ℓ water en sproei op bome. Plante neem die voedingstowwe in die diatomiet op deur hulle blare en wortels (Let wel: diatomiet los nie heeltemal op in water nie en mag die nossels van ʼn sproeipomp verstop. Roer die water dus gedurig sodat die poeier in suspensie bly en nie afsak nie). Herhaal die sproeiery later. Onthou egter dat diatomiet minder effektief is as dit nat is.



Hoe om op natuurlike wyse van kopluise ontslae te raak

Daar is werklik geen rede om neurotoksiese plaagdoders op jou kind se kop te gebruik nie. Jy mag 'n kombinasie van klapperolie en handverwydering redelik doeltreffend vind, maar jy kan ook Diatomiet (Kieselguhr) probeer:
Diatomiet bestaan uit mikroskopiese oorblyfsels van fossiele van waterplante wat diatome genoem word. Die diatome oorblyfsels vorm 'n afsakkingsgesteente wat fyngemaal word tot 'n stof wat ryk is aan minerale en skadelik vir insekte. Diatomiet werk omdat dit vette absorbeer van die beskermende buitenste laag van die insekte, wat hulle uitdroog en hulle doodmaak.
Diatomiet is nie giftig vir mense nie, maar wees maar versigtig om inaseming vandie stof te voorkom, veral vir 'n lang tydperk.
So kan jy diatomiet veilig gebruik vir die behandeling van kopluise:
1. Plaas 'n ou T-hemp onderstebo oor jou kind se kop sodat die kraag 'n seël om die kopvel vorm, en knoop die moue toe.
2. Dien diatomietpoeier toe op jou kind se hare, terwyl jy die poeier versigtig binne-in die T-hemp hou.
3. Bind die oop punt van die T-hemp vas en masseer die diatomiet in jou kind se kopvel in.
4. Hou die T-hemp en diatomiet oornag op, en sjampoe dit dan die volgende dag uit.
5. Dit moet gevolg word deur 'n deeglike kam met 'n ekstra fyn kam. Dit mag nodig wees om die behandeling een keer per week te herhaal vir drie weke.

Bron: https://articles.mercola.com/how-to-get-rid-of-lice.aspx,
I BUILT MY SITE FOR FREE USING