Sit minerale terug in die grond 


PRODUKSPESIFIKASIES VAN ONS DIATOMIET:


BELANGRIKE CHEMIESE ELEMENTE

SiO2

89.00%

Al2O3

5.95%

Fe2O3

0.88%

CaO

0.10%

K2O

0.63%

MgO

0.20%

Na2O

0.32%

TiO2

0.29%

H2O

<3%



Diatomiet is 'n sedimentêre gesteente wat bestaan uit fossiele van mikroskopies klein eensellige alge (diatome) met selwande wat met uit wateroplosbare silika gebou is. Oor die eeue is die diatome saamgepers om neerslae te vorm wat met die blote oog lyk soos kalkneerslae. Onder 'n elektronmikroskoop vertoon diatomiet- strukture kantwerk-patrone van groot verskeidenheid en kompleksiteit, met 'n hoogs poreuse interne struktuur.

SPOORELEMENTE/ SWAAR METALE (ppm)

 

Ons Produk

FDA-perke

Pb

10

15

As

1.8

20

F

<1

600







Ons Melosira diatomiet is bekend vir sy homogene gehalte oor die hele myn.



Meng diatomiet in die grond in waarin jy jou gewasse plant


Daardeur sal jy minerale terugbring in die grond en voedselgewasse en jy sal sodoende ook jou grondkwaliteit verbeter.

“Silikon (Si) vorm die tweede grootste deel van die aardoppervlak. Silikon-voeding het 'n dubbele effek op die grond-plantstelsel. Eerstens, verbeterde plante. SI-voeding versterk plantbeskermende eienskappe teen siektes, insekaanvalle en ongunstige klimaatstoestande. Tweedens, grondbehandeling met biogeochemies-aktiewe Si-stowwe optimaliseer grondvrugbaarheid deur verbeterde water-, fisiese en chemiese grondeienskappe en instandhouding van voedingstowwe in vorms wat hulle bekikbaar maak vir plante. Die optimalisering van Si plantvoeding verhoog die plantweerstand teen beide biotiese en abiotiese spanning, en sluit soutstres in (Matichenkov et al., 2001). Daar is verskeie hipoteses vir hierdie effek, onder andere (i) verbeterde fotosintetiese aktiwiteit, (ii) verbeterde K:Na-selektiwiteitsverhouding, (iii) verhoogde ensiemaktiwiteit, en (iv) verhoogde konsentrasie van oplosbare stowwe in die xileem, wat lei tot verminderde natriumadsorpsie deur plante (Ahmad et al., 1992; Liang, 1999; Matichenkov et al., 2001).”


Bron: Matichenkov, V.V.,& Kosobrukhov, AA. 2004 SI effect on plant résistance to salt toxisity. Institute Basic Biological Problems Russian Academy of Sciences, Pushchino, 142290, Russia. http://www.tucson.ars.ag.gov/isco/isco13/PAPERS%20M-Q/MATICHENKOV%202.pdf 


Nog voordelige effekte


“Alhoewel silikon (Si) nie as 'n noodsaaklike element vir plantegroei erken word nie, word die voordelige effekte van Si in 'n wye verskeidenheid plantspesies waargeneem. Die voordelige effekte van Si word gewoonlik duideliker in Si-akkumulerende plante onder verskillende a-biotiese en biotiese spanningstoestande. Silikon is effektief in die beheer van verskeie plae en siektes wat deur beide swamme en bakterieë in verskillende plantsoorte veroorsaak word. Silikon oefen ook verligende effekte op verskeie abiotiese spanning, insluitend soutstres, metaaltoksisiteit, droogtestres, stralingsbeskadiging, nutriëntwanbalans, hoë temperatuur, vries ensovoorts. Hierdie voordelige effekte word hoofsaaklik toegeskryf aan die hoë ophoping van silika op die weefseloppervlak, alhoewel ander meganismes ook voorgestel is.”

Bron: (Ekstak uit) Jian, Feng Ma. 2004. Role of silicon in enhancing the resistance of plants to biotic and abiotic stresses Soil Science and Plant Nutrition 50, (1).

Rauwe groenten en fruit helpen vocht tekort te voorkomen

Hermineralisering is noodsaaklik

  • As jy verwerkte voedsel eet, word jy blootgestel aan giftige onkruiddoders, waarvan daar toenemend bewys word dat hulle instrumenteel is in die bevordering van chroniese siektes
  • Die voortdurende uitputting van minerale in voedsels gaan hand-aan hand met die progressiewe implementering van landboupraktyke soos meganisasie, stikstof-swaar bemestingstowwe, en die gebruik van plaagdoders – wat alles die grond beskadig
  • Ten einde dieselfde hoeveelheid yster in te neem wat jy in 1950 uit een appel ingekry het, moes jy in 1998 26 appels eet
  • Ioniese mineraalekstrakte uit seewater kan in volhoubare landbou gebruik word om beskadigde grond te hermineraliseer en die voedingswaarde te verhoog van kossorte wat daarin gekweek word.” 
  • Hermineralisering van grond word gedoen deur toevoeging van EETBARE GRAAD varswater-diatomiet, plus kompos, beesmis, ens.  Maak seker dat  daar "eetbare graad" of "edible grade" op die verpakking staan.

Video (Engels)

https://youtu.be/86UJ3WYZM1Q

Lees die berig (Engels) op 

htps://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2014/05/25/food-minerals-soil-health.aspx 

 


I BUILT MY SITE FOR FREE USING