DIATOMIET SE ADSORPSIEVERMOË

Omdat diatomiet uit silikoon bestan en so absorbered is , is dit ʼn ideale dessikant.  Die klein sakkies lugdroogmaker wat binne-in medisynehouers aangetref word bestaan meestal uit NIE-EETBARE diatomiet. Die diatomiet  adsorbeer die vog in die lug in die pakkie en verhoed dat die pille klam word.

Hierdie vermoē van diatomiet maak dit geskik om veral insekte te dood deur dehidrasie, olie- en chemiese lekke en gemors op te ruim, bv. waar olie-, petrol- of chemikalie-tenktrokke of vragmotors omgeslaan het of vrag verloor of gemors het, om te verhoed dat die olie/petrol/chemikaliē in die grond insypel of ʼn brandgevaar of ontploffing-moontlikheid skep.

Diatomiet se adsorpsievermoē maak dit ook ideaal as katsand, of om olie uit sementoppervlaktes soos garagevloere op te neem, of om insekte te dood deur die waslagie op hulle dop afte suig en hulle te laat ontwater, ens.

Diatomiet is onder andere die basiese bestanddeel van waterabsorberende, vinnigdrogende BADMATJIES:

 


DIATOMIET EN OLIE

Foto: Shutterstock

Waar diatomietneerslae bokant of naby olieneerslae voorkom,  sal die olieneerslag gewoonlik in die diatomietrots opgeneem word, weens die porositeit van die diatomietrots. Die grootste bekende oliehoudende diatomietvelde  in die VSA is die Lost Hills olieveld  en die Belridge olieveld in Kaliforniē. Die probleem is dat minder as 10 % daarvan uit die diatomietrots onttrek kan word met tradisionele metodes. Olieproduksie uit die diatomietrots was altyd moeilik en het eers 30 jaar gelede begin na die bekendstelling van hidrobreking.  Hidrobreking skep egter weer opnuut ander probleme.


Belridge olieveld

https://en.wikipedia.org/wiki/North_Belridge_Oil_Field


DIE OLIEHOUDENDE DIATOMIETROTS                                                           

Die rots wat hier ter sprake is, is diatomiet, gemaak van ontelbare silika-geraamtes van mikroskopiese waterplante. Diatomiet se klein porieë  'n paar biljoenste tot 'n paar miljardstes tot enkele miljoenstes van 'n  meter breed, wat 'n sagte en broos mineraal skep wat uit tot 70 persent leë ruimte bestaan - lig genoeg om op water te dryf, maar so byna ondeurdringbaar dat niemand heeltemal seker is hoe die olie in die eerste plek in die rots beland het nie.                                                                                                                            https://www2.lbl.gov/Science-Articles/Archive/ESD-oil-in-the-rock.html

https://www2.lbl.gov/Science-Articles/Archive/ESD-oil-in-the-rock.html

Foto: Santa Maria Energy.


Barenblatt et al. beskryf die diatomietlae in Kalformiē se besondere geologiese struktuur: as gevolg van die sikliese afsetting, is die diatomietrots gelaag oor 'n breedte van tien meter tot 'n deeltjie van ʼn milimeter. Die diatomietrots is baie broos en die breektaaiheid is laag: die tussenlaaggrense is swak verbind en gereed om te skei wanneer die vloeistofdruk verander. As dit intakt is, het die diatomiet 'n poreusheid van 50-70% en is dit feitlik ondeurdringbaar (0,1-1 md).  Die skandeer-elektronmikroskopie-beelde van die diatomietgesteentes onthul 'n ongestoorde mikrostruktuur met min korrelineengryping en sementasie. Daarom begin vloeistofvloei deur die diatomiet eers na veranderinge in die rotsmikrostruktuur. Die hidrofrakture is nie enkele vertikale krake nie, maar is komplekse, veelvuldig-verbinde gebiede van beskadigde rots.                                                                    https://www.onepetro.org/conference-paper/SPE-75230-MS


HOE HULLE OLIE UIT DIE DIATOMIETNEERSLAG VERWYDER

Hidrobreking

Ten einde die olie te ontgin word die aanvegbare hidrobreking-proses ("fracking"} gebruik, wat beteken dat die diatomietrots deur waterdruk uitmekaargebreek word. Die proses kan egter GROOT SKADE ondergronds oor  'n BAIE wye gebied aanrig en daar word beweer dat die metode soms aardbewings tot gevolg het.  Lees meer hieroor in die volgende berigte:

 Foto: Santa Maria Energy

Santa Maria Energy besit 136 olieboorgate in Kaliforniē waarop hulle die sikliese stoominspuitmetode toepas.  .

Die produksieproses behels die sorgvuldig gekontroleerde stoominspuiting by spesifieke druk en temperatuur (stap 1), wat veroorsaak dat die olie in die diatomietreservoir begin vloei (stap 2), wat veroorsaak dat olie gedurende die produksiefase in die boorgat verplaas word (stap 3 ). Die ingespuit stoom en die  olie wat gevolglik geproduseer word, gebruik dieselfde pypleidings, waardeur die totale voetafdruk van die fasiliteit verminder word.

Santa Maria beweer dat hulle metode heeltemal anders is as hidrobreking en dat hidrobreking nie saam met hulle metode kan bestaan nie omdat hulle metode ʼn ongebreekte omgewing vereis.  Die publiek bied egter sterk teenkanting teen die metode weens die ingevaarstel van werkers, omgewingsvernietiging, en voortgaande belegging in uitlaatgas-veroorsakende fossielbrandstof wat deur ‘’n waterafhanklike metode onttrek word in die lig van klimaatsverandering                                                                                                           http://santamariaenergy.com/current-project/production-process/      https://www.independent.com/2014/06/26/anatomy-cyclic-steaming/ 

Getty Oil  het egter ʼn ander plan: hulle wil oliedeurdrenkte diatomiet deur middel van oopgroef mynmetodes ontgin.  Getty se diatomietneerslag in die McKitrick olieveld in Kaliforniē  vertoon sjokoladebruin en is propvol ru-olie wat nie op ‘’n ander manier onttrek kan word nie.                                                                                                     https://www.osti.gov/biblio/6401788-getty-mine-mckittrick-oil

https://www.osti.gov/biblio/5393194-getty-producing-oil-from-diatomite

Zublin, L. (1981.) Getty: producing oil from diatomite.Pacific Oil World. 74.10.


I BUILT MY SITE FOR FREE USING